is ‘n Afrikaanse en Engelse “stand-up” comedian wat al ‘n geruime tyd besig is in die Pretoria en Johannesburg omgewing, met privaat vertonings en restaurant “gigs”.
Hy vertel van sy rondstap kaskenades deur ons mooi land, onder andere bring hy die humor uit ouetehuise, weermags verhale, sport en allerdaagse dinge wat almal raak. Sy demonstrasie van die “houtbeen seks-kaskenades” laat gehore skatterlag.
Die White Warrior is vinnig besig om sy pad boontoe te werk en behoort een van die dae een van Suid Afrika se top kommediante te wees.
Sy grappe en stories is oor algemene gebeurtnisse van die lewe en hy voel Afrikaanse musiek het reeds sy plek in geneem in ons land. Die White Warrior en sy mede kolegas streef om Afrikaanse humor op dieselfde vlak te kry en soos hy se: “Ons lewe in ‘n stresvolle en gejaagde lewe en om ‘n bietjie daarvan ontslae te raak is om ‘n bietjie te lag…dan is mense gelukkig en om hulle gelukkig te maak maak my gelukkig.”
Hoop om julle gou te sien.
Die White Warrior
|